zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
300
30 June 2026
Monitor: Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik
30 Junie 2026: Ons praat met 'n risiko-ontleder oor vandag se beplande optogte teen ongedokumenteerde buitelanders. Maak seker dat almal in jou diens oor die regte dokumentasie beskik. Op Wêreld Sosiale Media-dag val die kollig op die verspreiding van vals nuus.
49 min
29 June 2026
Monitor: Sowat 15 000 Malawiese burgers wag op repatriasie
29 Junie 2026: Die Departement van Binnelandse Sake en die Grensbestuurowerheid verwerk sowat 15 000 Malawiese burgers se repatriasie. Ernstige bewerings van korrupsie, finansiële wanbestuur en bedrog by openbare skole in Gauteng. Israel en Libanon sluit 'n ooreenkoms om wedersydse aanvalle te staak.
50 min
26 June 2026
Monitor: Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat
26 Junie 2026: Ons praat met 'n regskenner oor Vusimuzi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms met die Staat. Die Amerikaanse ambassadeur se kritiek op Suid-Afrika se bande met Iran en China ontlok wye reaksie. Presies vier jaar ná die Enyobeni-tragedie, vra organisasies dat Suid-Afrika dringend na sy beleid oor alkoholgebruik moet kyk.
48 min
25 June 2026
Monitor: Bafana Bafana deur na uitklopronde in Sokkerwêreldbeker
25 Junie 2026: Bafana Bafana klop Suid-Korea 1 – 0, en pak Kanada Sondag in hulle eerste uitklopwedstryd in die FIFA Sokkerwêreldbeker. March and March en 26 burgerregtegroepe gee die versekering dat daar géén geweld sal wees op 30 Junie nie. Die ANC trek sy aansoek terug om deel te wees van die Phala Phala-hofsaak.
48 min
24 June 2026
Monitor: Polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens teen-immigrasiebetogings
24 Junie 2026: Die polisie waarsku weer teen misdadige optrede tydens Dinsdag se beplande teen-immigrasiebetogings. Ons praat met Jacinta Ngobese-Zuma van die teen-immigrasiebeweging, March and March, oor volgende week se verwagte betogings. Ons praat met 'n regsgeleerde oor die polisie se verbod op wapens by die betogings.
48 min
23 June 2026
Monitor: 80% van nuwe geregistreerde kiesers is jonger as 30
23 Junie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader môre om sy werksaamhede voort te sit. te midde van 'n poging deur president Cyril Ramaphosa om die komitee te stop. Die Ngwathe-munisipaliteit, wat Parys, Vredefort, Koppies, Edenville en Heilbron insluit, is dalk binnekort onder administrasie. 80% van die 477 000 nuwe kiesers wat die afgelope naweek geregistreer is, is jonger as 30.
48 min
22 June 2026
Monitor: Sommige boere bevraagteken John Steenhuisen se beplande skuif
22 Junie 2026: Politici betreur die moord op 'n DA-kandidaat in Kaapstad én 'n ANC-raadslid in Nelson Mandelaaai. Vyfduisend ongedokumenteerde Malawiërs word deur Beitbrug gerepatrieer. Sommige boere bevraagteken waarom die DA die Minister van Landbou, John Steenhuisen, uit sy pos wil skuif.
49 min
19 June 2026
Monitor: Meer as helfte van polisiestasies beantwoord nie oproepe nie
19 Junie 2026: 'n Landwye oudit bevind dat meer as die helfte van polisiestasies nie oproepe beantwoord nie. Ons praat met Helen Zille oor haar omstrede besoek aan March and March. Ons ontmoet BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg.
49 min
18 June 2026
Monitor: Reaksie op die DA se minister-skommelinge
18 Junie 2026: Reaksie op die DA se minister-skommelinge. Nóg 'n reddingsboei om die suikerreus Tongaat Hulett te red. Meer besonderhede oor Amerika en Iran se vredesooreenkoms.
49 min
17 June 2026
Monitor: Is Rampahosa besig met Stalingrad-taktiek oor Phala Phala?
17 Junie 2026: Advokaat Thuli Madonsela praat oor studenteskuld en gelyke toegang tot onderrig, terwyl 9.5 miljoen jeugdigdes sonder werk of onderrig sit. Is president Rampahosa besig met sy eie Stalingrad-taktiek oor Phala Phala? Kan 'n ouderdomsbeperking op die gebruik van sosiale media werk? Die eerste Springbokspan van die jaar word bekendgemaak.
51 min